Welkom By
Olckers & assosiate Ingelyf
Olckers & Assosiate Ingelyf streef daarna om te alle tye,
die hoogste standaard van regsdienste aan ons kliënte te lewer.
Regsdiente
Olckers & Assosiate Ingelyf is 'n regsfirma met wesenlike ondervinding in die opstel van verskeie ooreenkomste, Hoë Hof-en Landdroshofprosesreg, aktebesorging, bestorwe boedel administrasie, skuldhof aangeleenthede en ander verwante regsdienste.
By ons firma is Uitnemendheid, persoonlike verhoudings met kliënte en sorgvuldige aandag aan detail vir ons belangrik. Ons ontwikkel strategieë wat spesifiek ontwerp is om by elke kliënt se unieke situasie te pas.
As ’n prokureursfirma kombineer ons regskennis met praktiese advies, om aan elke kliënt ’n volledige en effektiewe diens te bied. Ons plaas altyd ons kliënte eerste om toeganklikheid, duidelike kommunikasie en direkte interaksie te verseker. Elke kliënt ontvang die persoonlike aandag wat hulle verdien. Ons prokureurs het gespesialiseerde kennis en aansienlike ervaring in verskeie vakgebiede, wat onder andere eiendomsreg, familiereg, arbeidsreg, kontrakte, testamente en trusts, bestorwe boedels en algemene litigasie insluit. Ons glo in proaktiewe verteenwoordiging, en om altyd ingelig te bly oor nuwe ontwikkelings in die regswese sodat ons ons kliënte se belange effektief kan beskerm. Ervaar die verskil met Olckers & Assosiate Ingelyf – waar uitstekende regsadvies en persoonlike aandag bymekaarkom.
Beginsels
Om 'n kwaliteit diens te verseker en om ‘n toegevoegde waarde by te dra volg ons die volgende beginsels:
Kwaliteit
Eenheid
Integriteit
Olckers & Assosiate Ingelyf streef daarna om die hoogste standaard van regsdiens aan ons kliënte te lewer.
Hierdie verbintenis sluit in om ’n deeglike begrip van elke kliënt se agtergrond en besigheid te verkry, sodat ons goed-ingeligte advies kan verskaf wat hulle bemagtig om verstandige besluite te neem.
Regsdienste sluit, inter alia, die volgende in:
Egskeidings
Aannemings
Surrogaatskap-aansoeke
Ouerlike Regte
Verantwoordelikhede, Beheer en Toesig
Egskeidings
Aannemings
Surrogaatskap-aansoeke
Ouerlike Regte
Verantwoordelikhede, Beheer en Toesig
Arbeids Aangeleenthede
Arbitrasie en Mediasie
Skuldinvorderings
Geregtelike Doodsondersoeke
Arbeids Aangeleenthede
Arbitrasie en Mediasie
Skuldinvorderings
Geregtelike Doodsondersoeke
Regspan
Arno Olckers
Prokureur en Aktevervaardiger
Arno Olckers
Aktevervaardiger
Arno Olckers het sy BProc-graad in 1997 behaal. In 1998 het hy ’n studiebeurs van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) ontvang asook ’n merietebeurs van die Universiteit van Pretoria om in Kriminologie te studeer. Intussen het hy sy regsstudie voortgesit, en in 2000 verwerf hy ’n LLB en sy honneursgraad in Kriminologie.
Hy het ’n deel van sy klerkskap by Tim du Toit Prokureurs uitgedien, waar sy hoofverantwoordelikhede die opmaak van aktes behels het. Hierdie ervaring het hom gehelp om in 2001 as ’n aktebesorger te kwalifiseer.
In 2001 het Arno sy eie firma gestig – Arno Olckers Prokureurs – wat hoofsaaklik in die oordrag van eiendom spesialiseer. In 2012 het hy by Van der Walt en Hugo Ingelyf aangesluit, waar hy diepgaande kennis van verbandakteregistrasies en eiendomsontwikkeling bekom het. Arno het in 2016 as ’n direkteur van die firma uitgetree en met sy eie regspraktyk onder die naam en titel Olckers & Assosiate Ingelyf voortgegaan.
Tans is Arno besig met sy Meestersgraad in Belastingreg aan die Universiteit van Pretoria.
Annalise Erasmus
Prokureur, Aktevervaardiger en Notaris
Annalise Erasmus
Aktevervaardiger en Notaris
Annalise Erasmus is ’n toegewyde prokureur by Olckers & Assosiate Ingelyf. Sy het haar LLB- en LLM-graad aan die Universiteit van Pretoria verwerf en gespesialiseer in Menseregte. Sy het ook grondige kennis van en ervaring in Familiereg. Aangesien Annalise oor verskyningsbevoegdheid in die hooggeregshof beskik, kan sy kliënte in beide die hooggeregshof en landdroshowe verteenwoordig sonder die hulp van advokate. Dit verseker direkte en vinnige regsverteenwoordiging.
Wanneer Annalise nie besig is met haar werk nie, geniet sy dit om te swem en sy neem gereeld deel aan die Midmarmyl-kompetisie. Sy is ook ’n ervare duiker en hou selfs ’n Meesterduiker-sertifikaat. Haar sterk werksetiek en avontuurlustige geaardheid maak haar ’n uiters waardevolle lid van ons span.
Bérn Groenewald
Prokureur
Bérn Groenewald
Assosiaat
Bérn Groenewald is ’n ervare assosiaat by Olckers & Assosiate Ingelyf. Hy het in 2001 sy BProc-graad aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (nou bekend as die Noordwes-Universiteit) verwerf.
Met sy wye kennis van onder meer maatskappyreg kan Bérn waardevolle raad en leiding gee om praktiese en strategiese oplossings vir kommersiële uitdagings te vind. Hy praktiseer sedert 2003 as prokureur en het waardevolle ervaring opgedoen met algemene regsvrae en -dilemma’s.
Hy is bekend vir sy uitsonderlike kliëntediens en doeltreffende menslikehulpbronbestuur, waarmee hy ’n positiewe en professionele werksomgewing skep.
In sy vrye tyd is Bérn ’n ywerige gholfspeler en ’n toegewyde lid van die Vox Chamber Choir.
Cynthia du Plessis
Prokureur, Aktevervaardiger en Notaris
Cynthia du Plessis
Aktevervaardiger en Notaris
Cynthia du Plessis is ’n baie ervare assosiaat by Olckers & Assosiate Ingelyf. Sy beskik oor ’n BLC-, LLB- en LLM-graad in Kontraktereg, en spesialiseer in Eiendoms- en Kommersiële Reg. Daarbenewens het sy ’n Gevorderde Sertifikaat in Insolvensielitigasie en Administrasiepraktyk.
Cynthia is ook ’n senior aktebesorger en notaris wat waardevolle praktiese ervaring opgedoen het tydens haar termyn by die Pretoriase aktekantoor, waar sy die uitvoer van aktes vir verskeie prokureursfirmas hanteer het. Haar passie vir litigasie maak van haar ’n veelsydige prokureur wat in staat is om uiteenlopende regsake met uitsonderlike vaardigheid en toewyding te behartig.
Wessel Brits
Prokureur
Wessel Brits
Prokureur en Arbeidspesialis
Wessel Brits is ’n bedrewe assosiaat by Olckers & Assosiate Ingelyf. Hy het ’n LLB-graad en spesialiseer in Arbeidsreg. Sy ervaring as ’n prokureur in die motorindustrie het hom toegerus met unieke insig in werksverhoudings en die oplossing van arbeidsdispute. Wessel doen ook omvattende gesondheids- en veiligheidsoudits wat besighede help om standaarde te handhaaf en veiligheid in die werkplek te verseker. Sy ervaring en praktiese aanslag maak van hom ’n vertroude en gewaardeerde raadgewer.
Yolandi Jansen
Prokureur en Aktevervaardiger
Yolandi Jansen
Aktevervaardiger
Yolandi is ’n uiters bekwame assosiaat en prokureur by Olckers & Assosiate Ingelyf. Sy het ’n haar LLB-graad aan die Universiteit van Pretoria en haar LLM-graad aan die McGill Universiteit in Kanada verwerf. Studie vir haar meestersgraad het op Lug- en Ruimtereg gefokus – ’n uitsonderlike nisgebied van regskunde.
Sy is getroud en ’n liefdevolle ma van twee kinders. Met haar gevorderde regskennis, sterk gesinswaardes, empatie en liefde vir haar medemens is sy ’n waardevolle lid van ons span. Sy glo in uitnemendheid, akkuraatheid en persoonlike aandag. Yolandi is toegewyd en het besonderse insig in boedelbeplanning en beredding and algemene trustaangeleenthede.
Kandidaatprokureurs
Vaurushca Jacobs
Kandidaatprokureur
Vaurushca Jacobs
Kandidaatprokureur
As ’n senior transporttikster kwyt Vaurushca haar uitstekend van haar taak. Hoewel sy die afgelope agt jaar deel is van die bekwame span by Arno Olckers Prokureurs, werk sy en Arno Olckers al 11 jaar lank saam. Gedurende hierdie tyd het hy haar waardevolle leiding gegee in haar werk. Vaurushca heg groot waarde aan die goeie verhoudings wat sy met eiendomsagente en kliënte bou, en sy streef altyd daarna om haar bes te doen in elke situasie.
Dit verg besonderse toewyding om voltyds te werk en deeltyds te studeer vir ’n LLB-graad by die Universiteit van Suid-Afrika, soos Vaurushca. Voordat sy met haar LLB begin het, het sy by Boston City Campus & Business College ’n kursus voltooi om as regsassistent te kwalifiseer. Daarna het sy ’n Hoër Sertifikaat in Reg by UNISA verwerf. Albei kwalifikasies het bygedra tot ’n stewige basis in die regte. Verder het sy kursusse voltooi in Bemarkingsbestuur, Projekbestuur en Geleentheidskoördinering. Vir haar uitmuntende prestasies is sy met merietebeurse beloon.
Keana Blom
Kandidaatprokureur
Kantoorspan
Coolie Mutshesi
Ontvangsdame
Coolie Mutshesi
Ontvangsdame
Coolie is nie net die ontvangsdame by Olckers & Assosiates Ingelyf nie, maar ook die gesig van die firma. Ons is baie trots om te sê dat sy, saam met die res van die dames, die demografie van Suid-Afrika weerspieël en al 11 landstale magtig is.
Coolie is baie trots op haar werk as ontvangsdame en deel graag dat sy reeds oor ’n Basiese Aktessertifikaat beskik, uitgereik deur die Prokureursorde van Suid-Afrika. Haar doel is om eendag self ’n opgeleide aktetikster te wees. Sy dien reeds as junior tikster in sommige aktestransaksies.
Coolie beskryf haarself so:
“Ek geniet dit om kliënte te help. Ek en my werkskollegas dien saam die Here, en dit bring blydskap in my hart.”
Hiermee skyn Coolie se persoonlikheid duidelik deur en wys haar passie vir haar werk en vir mense.
Monique Bester
Aktesvoorbereidingsklerk
Gerda Schluter
Administratiewe Klerk
Gerda Schulter
Administratiewe Klerk
Gerda se uitmuntende administrasievaardighede maak nie net van haar ’n ongelooflike administratiewe klerk by Olckers & Assosiates Ingelyf nie, maar maak haar ook die aangewese persoon vir die bestuur van bestorwe boedels en die administrasie van verskeie finansiële boedels van skuldenaars oor die afgelope 18 jaar. Sy is reeds 9 jaar by Olckers & Assosiates Ingelyf werksaam. In haar eie woorde:
“Ek geniet my werk baie, ek leer elke dag iets nuuts. ’n Mens is nooit te oud om te leer nie.”
Gerda is by uitstek ’n mensemens, en dit word dadelik merkbaar in die wyse waarop sy met ander omgaan. Buiten werk, hou sy daarvan om te bak (’n vaardigheid wat ons al verskeie Vrydae beleef het!), en sy geniet die buitelewe en die natuur. Sy hou ook haar brein skerp deur gereeld blokraaisels te voltooi. Sonder twyfel is sy ’n onmisbare waardevolle lid van die firma.
Margeret Stiemtr
Boekhouer
KontakBesonderhede
ontvangs@arno-olckers.co.za
Kosterekenaar
Die kosterekenaar is 'n hulpmiddel vir u gerief. Die bedrae daarin gereflekteer is ‘n beraming en mag van firma tot firma verskil.