Neem asb kennis
Die kosterekenaar is 'n hulpmiddel vir u gerief. Die bedrae daarin gereflekteer is ‘n beraming en mag van firma tot firma verskil.
Ek VerstaanRegsdienste vir ons kliënte
Olckers & Assosiate Ingelyf streef daarna om te alle tye die hoogste standaard van regsdienste aan ons kliënte te lewer. Vir ons behels dit om deeglik die agtergrond van ons kliënt in ag te neem, ‘n begrip van sy besigheid te hê en die kliënt van advies te voorsien om ‘n behoorlike ingeligte besluit te maak.
Die firma staan op drie pilare:
Die eerste twee pilare sluit in eiendomsoordragte en die administrasie van bestorwe boedels wat behartig word deur meneer Olckers.
Die derde pilaar, naamlik litigasie wat veral familiereg insluit, word hanteer deur me Annalise Erasmus, wat beskik oor ‘n Meestersgraad in Menseregte verwerf aan die Universiteit van Pretoria. Ander regsdienste sluit die volgende in:
- Egskeidings
- Aannemings
- Surrogaatskap-aansoeke
- Ouerlike regte, verantwoordelikhede, beheer en toesig
- Arbeidsaangeleenthede
- Arbitrasie & Mediasie
- Skuldinvorderings; en
- Geregtelike ondersoeke
Oor ons firma
Ons is ‘n firma met ‘n wesenlike ondervinding in die opstel van verskeie ooreenkomste, Hoë Hof-en Landdroshofprosesreg ondervinding, aktebesorging, bestorwe boedel administrasie, skuldhof aangeleenthede, Artikel 74 - Administrasie en ander verwante regsdienste.
Arno Olckers word gekenmerk deur ‘n sterk verbintenis tot professionaliteit en kliëntediens wat twee van die boustene van die praktyk is.
Ons Beginsels
Om ‘n kwaliteit diens te verseker en om ‘n toegevoegde waarde by te dra volg ons die volgende beginsels:
Kwaliteit
Eenheid
Integriteit
Ontmoet ons span
Arno Olckers
Aktevervaardiger / Conveyancer
Arno Olckers verwerf sy B.Proc-graad in 1997. Gedurende 1998 ontvang hy ‘n beurs van die Raad vir Geestes Navorsing asook ‘n meriete beurs van die Universiteit van Pretoria vir sy studie in Kriminologie. Gelyktydig met hierdie graad, studeer hy verder in die regte en ontvang beide sy LLB en BA (Hons) Krim in 2000.
‘n Gedeelte van sy klerkskap voltooi hy by menere Tim du Toit en Kie Prokureurs, waarvan die hoofstroom van sy take aktevervaardiging is. Dit is ook hierdie ondervinding wat help om hom as aktevervaardiger te laat kwalifiseer in 2001.
Arno besluit in 2001 om sy eie firma op die been te bring en stig Arno Olckers Prokureurs waar eiendomsoordragte die grootste deel van sy besigheid uit maak. Gedurende 2012 besluit Arno om hom aan te sluit by Van der Walt en Hugo Prokureurs Ingelyf en doen daar ‘n deeglike kennis op van verbandregistrasies en eiendomsontwikkeling. Hy doen in 2016 afstand van sy direkteurskap by die firma en gaan voort met sy eie regsfirma.
Gerda Schluter
Administratiewe klerk / Administrative clerk
Gerda se uitmuntende administrasie vaardighede maak nie net van haar ‘n ongelooflike administratiewe klerk by Arno Olckers Prokureurs nie, maar maak haar die aangewese persoon vir die administrasie van bestorwe boedels en die administrasie van verskeie finansiële boedels van skuldenare vir die afgelope 18 jaar. Sy is al 4 jaar werksaam by Arno Olckers Prokureurs. In haar eie woorde “Ek geniet my werk baie , ek leer elke dag iets nuuts. ‘n Mens is nooit te oud om te leer nie”.
Gerda is by uitstek ‘n mense mens. Uit haar foon-etiket kom ‘n mens dit onmiddellik agter. As Gerda by die huis is, hou sy daarvan om te bak (wat ons al verskeie Vrydae beleef het!). Sy hou ook van die buitelewe en natuur. Verder hou sy haar brein skerp deur gereeld blokraaisels te voltooi. Sonder weerga is sy ‘n voorslag in die firma.
Vaurushca Jacobs
Aktetikster / Conveyancing Paralegal
As senior aktetikster kwyt Vaurushca haar goed van haar taak. Dit verg ‘n spesifike persoon om deur die dag te werk en deeltyds aan haar LLB-graad aan die Universiteit van Suid-Afrika te studeer. Sy is sterk oppad om dit cum laude te slaag.
Alhoewel Vaurushca slegs die afgelope 4 jaar deel is van Arno Olckers Prokureurs, loop sy en mnr. Olckers reeds ‘n 8 jaar pad saam waarin hy haar touwys gemaak het van aktes en dit deel geword het van haar daaglikse lewe. Vaurushca beskou die verhoudinge wat sy met eiendomsagente en kliënte bou as baie belangrik. Sy strewe altyd daarna om haar beste te gee in alle situasies.
Voordat sy ingeskryf het vir haar LLB-graad het sy haar para-legal kursus gedoen deur Boston City Campus & Business College, waarna sy haar hoër sertifikaat in Regte aan UNISA behaal het. Beide kwalifikasies bou ‘n fondasie vir haar in die regsomgewing. Sy bekwaam haar ook in die volgende rigtings aan die Boston City Campus & Business College: Bemarkingsbestuur, Projekbestuur en as ‘n Funksie- koördineerder met volle meriete beurse vanaf Boston City Campus & Business College.
Monique Potgieter
Aktetikster / Conveyancing Paralegal
Monique is reeds sedert 2005 ‘n baie trotse senior aktetikster. In 2012 word sy deel van Arno Olckers Prokureurs waar sy leer dat kliëntediens van uiterse belang is en sy daarna streef om elke oordrag met trots af te handel.
Sy vorm deel van ons dinamiese span akte-dames en beskou dit as ‘n eer om saam met die firma te groei.
In haar eie woorde leer die firma, meneer Olckers, haar kollegas en die professie haar om elke dag te streef na meer en om haar beste te lewer. Monique het ‘n baie noue verhouding met die firma se agente en jare lange kliënte wat die firma ‘n suksesvolle regspraktyk maak met die gevoel van ‘n groot “familie”. Monique se woorde spreek boekdele: “We are building an empire”.
Coolie Mutshesi
Ontvangsdame / Receptionist
Coolie is nie net die ontvangsdame by Arno Olckers Prokureurs nie, maar ook die gesig van Arno Olckers Prokureurs. Ons is baie trots om te kan sê dat saam met die res van die dames weerspieël sy demografie van Suid-Afrika en is al 11 landstale magtig.
Coolie is baie trots op haar werk as ontvangsdame en deel vinnig dat sy reeds beskik oor ‘n Basiese Aktessertifikaat uitgereik deur die Prokureursorde van Suid-Afrika. Haar doel is om eendag self ‘n opgeleide aktetikster te kan wees. Sy dien reeds as junior tikster in sommige aktestransaksies.
“Ek geniet dit om die kliënte te help. Ek en my werkskollegas dien saam die Here en dit gee my blydskap in my hart” met hierdie woorde is Coolie se persoonlikheid deurslaggend.
Kontak ons
Vir meer inligting of ‘n konsultasie, voltooi gerus hierdie vorm.
'n Voortdurende fokus op en toewyding aan uitstekende diens en kliëntetevredenheid; Verseker dat werk op geskikte professionele vlak deur geskikte gekwalifiseerde personeel gehanteer word.
Kopiereg 2020 Olckers & Assosiate Ingelyf. Alle regte voorbehou. | Powered by WebBest